Algemene Vrae

Algemene Vrae

Vind die antwoorde op sommige vrae wat gereeld gevra word.

Daar is drie verskillende tipes slaapapnee: Obstruktiewe slaapapnee (OSA), sentrale slaapapnee (CSA) en ’n kombinasie daarvan, ook bekend as gemengde slaapapnee.

OSA is die algemeenste tipe. Risikofaktore vir OSA sluit in oorgewig, ’n familiegeskiedenis van die toestand, allergieë, ’n nou lugwegkanaal en vergrote mangels. Tydens OSA word asemhaling ingeperk weens ‘n versperring van lugvloei. CSA gaan gepaard met asemhalingstaking omdat daar nie ’n poging is om asem te haal nie.

Mense met slaapapnee mag moontlik nie daarvan bewus wees nie. In talle gevalle word dit deur ’n gesinslid waargeneem. Slaapapnee kan geïdentifiseer word deur oornag ’n slaapstudie op ʼn persoon uit tevoer. Om ’n diagnose van slaapapnee te maak, moet meer as vyf episodes van asemhalingstaking per uur voorkom.

OSA kom voor by 1 tot 6% van volwassenes en 2% kinders. Mans word twee keer meer as vrouens geaffekteer. Hoewel die toestand by mense van alle ouderdomme kan voorkom, word dit die meeste aangetref by persone ouer as 55 jaar. Sentrale slaapapnee affekteer minder as 1% mense.

Die tekens en simptome van obstruktiewe slaapapnee (OSA) en sentrale slaapapnee (CSA) oorvleuel. sodat dit diwels moeilik is om die tipe slaapapnee vas te stel. Die algemeenste tekens en simptome van obtstruktiewe en sentrale slaapapnee sluit in:

  • Harde snork;

  • Episodes van asemhalingstaking tydens slaap – gewoonlik deur deur ’n ander persoon waargeneem;

  • Snak na asem tydens slaap;

  • Word wakker met ’n droë mond;

  • Oggendhoofpyn;

  • Sukkel om te bly slaap (slaaploosheid);

  • Oormatige slaperigheid deur die dag.

Apneemasjiene word gebruik om die lugdruk in die lugweë van ’n pasiënt te beheer en daardeur die lugweë oop te hou om onversteurde slaap te verseker.

Daar is baie voordele verbonde aan die gebruik van ’n slaapapneemasjien. Eerstens verminder snorkery wat veroorsaak word deur slaapapnee. Indien u ly aan slaapapnee, kan die gebruik van ’n CPAP, APAP of BiPAP masjien ’n groot verskil aan u gesondheid en lwenskwaliteit maak

Apneemasjiene kan breedweg verdeel word in drie tipes: CPAP, APAP en BiPAP masjiene. Elke tipe beheer die vloei op sy eie wyse.

’n CPAP masjien lewer kontinue lugvloei teen ’n konstante vasgestelde lugdruk terwyl die persoon slaap.

’n APAP masjien verstel outomaties die druk op ’n asemteug tot asemteug basis.

’n BiPAP of tweevlak masjien lewer twee verskillende konstante drukke vir in- en uitasem.

Ja sommige kliënte het suksesvol by hulle mediese fondse eise ingedien vir die aankoop van apneemasjiene. Kontak asseblief ’n Berien-verteenwoordiger vir inligting, aangesien die diagnose, tipe eis en u mediese plan die sukses van die eis beïnvloed.

Die boonste lugweg obstruksie geassosieer met slaapapnee kom voor omdat weefsel, soos die sagte verhemelte sak en die lugwegkanaal verklein. Die versperring in die lugkanaal veroorsaak weerstand teen die lugvloei. Die lug beweeg moeiliker na ’n mens se longe toe. ’n Mens haal swaar asem en kan by tye ophou asemhaal. Die liggaam moet al harder werk om suurstof by jou longe te kry. Jou brein probeer kompenseer deur jou wakker te maak of amper wakker te maak sodat jy nie diep slaap nie. Jy ly dus aan slaapapnee. Jy ervaar :

  • swakker inname van suurstof ;
  • ’n onderbreekte slaappatroon;
  • gebrek aan diep slaap;
  • stremming op organe;
  • oggendhoofpyn;
  • slaperigheid bedags;
  • groter geneigdheid tot depressie.

Die mediese term vir te min suurstof in ’n mens se bloed is “hipoksemie”. Die hoeveelheid suurstof in ’n mens se bloed kan gemeet word met ʼn bloedtoets wat kyk na die samestelling. ’n Eenvoudige manier om die persentasie suurstof in die bloed tuis te meet is met ʼn “oksimeter” (of SpO2-meter). Dit word gewoonlik aan ʼn vinger vasgeklem.

Hierdie tipe meters gee net die suurstofvlakke op ’n gegewe oomblik. As ’n mens baie diep begin asemhaal, sal hierdie suurstofmeterlesing toeneem en as ’n mens jou asem ophou, sal die meterlesing begin daal.

Om vas te stel of ʼn mens se bloedsuurstofvlakke snags daal, moet ʼn suurstofmeter wat die lesings stoor gebruik word. Die RESmart GII SpO2-meter wat aan die GII CPAP koppel, doen juis dit. ’n Mens kan die wisseling in suurstofvlakke deur die nag op die rekord sien. Die gemiddelde suurstofvlak word ook op die CPAP se verslag weergegee.

Daar is tans ook relatief duur horlosietipe SpO2-meters beskikbaar wat deurlopend suurstofvlakke kan meet en stoor wat gewild is by sportmense.

‘n Lesing van meer as 95% word as normaal beskou. Wanneer dit onder 90% daal, is dit te laag. Die persoon kan begin om simptome van kortasemigheid en verwardheid te ontwikkel. As die suurstof in die bloed verder daal tot in die lae 80’s, kan organe begin skade kry en kan dit lewensbedreigend word.

’n CPAP masjien, d.w.s. ’n positiewe lugwegdruk masjien sal kan help. Die toestel lewer lug aan jou lugweë teen verhoogde druk om die lugweg oop te maak vir beter lug- en suurstofinname. Die masjien hoort heelnag elke nag gebruik te word.

Die masker wat saam met die CPAP gebruik word, het ’n poort waar lug met verhoogde suurstofkonsentrasie vanaf ’n suurstofsilinder of ’n suurstofmasjien ingevoer kan word. Suurstofverrykte lug kan dus ingeasem word. Onder toestande van asemnood kan genoeg suurstof dan steeds opgeneem word.

‘n Suurstofmasjien kan ook op sy eie gebruik word. Die masjien neem lug in, verwyder stikstof uit die lug en laat lug met suurstofkonsentrasies van bo 90% uit. Die suurstof word met ‘n pypie na die neus gely. Dit word ingeasem deur twee gaatjies of twee kort pypies en werk tipies soos wat ‘n mens in hospitale kry.

afAfrikaans
×

Met watter een van ons verteenwoordigers wil u gesels?

× Hoe kan ons help?